100 jaar van fisioterapie

Fisioterapie as beroep word vanjaar ‘n honderd jaar oud. Ons vier die belangrikheid van dié beroep in samewerking met die befaamde sanger Mathys Roets, Koos Bierman, fisioterapeut in Bloemfontein, en Chris Broodryk, fliekkenner van Pretoria. Hierdie paneelgesprek gaan gepaard met ‘n verwante filmvertoning Stronger. Die gesprek sal handel oor hoe film ‘n mens se opinie oor ‘n beroep kan beïnvloed, die uitdagings en voordele van die beroep self uit ‘n kenner se oogpunt en dan die terugvoer van pasiënte wat die herstelpad saam met fisioterapeute gestap het. 

Met: Prof Chris Broodryk, Koos Bierman en Mathys Roets
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 60 min 
Prys: Gratis
Plek: Equitas Senaatsaal
Tyd: 4 Jul 14:00

 

 

 

Gratis