Aankoms, afskeid en vertrek – my vriendskap met Karel Schoeman

Fanie Viljoen vertel van sy vriendskap met Karel Schoeman: hoe hulle ontmoet het, die Oliewenhuis-gesprekke, die viering van sy nominasie vir die Nobelprys vir Letterkunde, ’n besoek aan die Jong Afrikaner-kunsuitstalling, sy belangstelling in films, kwinkslae, kwesbaarheid, ongesiene skryfwerk, en meer. Aangebied deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Vrystaat Werkgemeenskap. 

Met: Fanie Viljoen 
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 60 min 
Prys: Gratis 
Plek: ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal) 
Tyd: 5 Jul 18:00 

Gratis