A prayer to all my Azanians
A Prayer to all my Azanian’s, ‘n oorspronklike eenbedryf-satire in Engels en Sesotho, is ‘n satiriese toneelstuk geïnspireer deur Guy Butler se gedig A Prayer to All My Countrymen, geskryf in die 1960’s toe apartheid in volle swang was. In post-apartheid Suid-Afrika verloor baie mense hoop weens sosio-ekonomiese probleme. Jongmense skop selfs op of verlaat die skool weens onsekerhede. Hierdie stuk sien gebed, nes Butler, as iets wat hoop bied vir ons huidige en toekomstige leiers wat ontevrede oor hul situasie is.
Kategorie(ë):
