Anderkant die Donker Vallei

Dis vanjaar die 25ste verjaardag van Valiant Swart se ikoniese album Deur die Donker Vallei. Ter herdenking, is die album onlangs op viniel vrygestel; dit word gevier met ‘n lewende konsert waarin die oorspronklike orkeslede wat die album opgeneem het, gaan deelneem: Schalk Joubert, Albert Frost en Simon Orange. Die konsert word opgedra aan die ontslape tromspeler Vernon Swart wat ook die ikoniese kunswerk vir die albumomslag geskilder het. Die manne gaan dans en sing en die kitare laat huil soos in die OU dae! 

R200 | R220 by die deur 18 Jul 13:00, 19 Jul 20:00 Odeion-ouditorium Valiant Swart, Schalk Joubert, Jorik Pienaar, Simon Orange, Illimar Neitz Age SuitabilityAlle ouderdomme LanguageAfrikaans
Kategorie(ë):