Breathe
Goldendean nooi jou uit om ’n teer oomblik met ’n “sagte radikale” te ervaar. Hierdie kunswerke is sag met ruim, organiese kurwes. Liggame wat polities is, wat Anders is, wat nie inpas nie, nie aan kontemporêre skoonheidstandaarde voldoen nie. Liggame wat weier om gelees te word. Besoekers word aangemoedig om sag te wees, aan te raak en selfs hierdie gloeiende, asemhalende beeldhouwerke te omhels – kunswerke wat ons kan herinner om selfversorging, goedhartigheid en deernis eerste te stel in moeilike tye. Die opblaasbare beelde is deurdrenk met ’n gevoel van rituele magie – groter as die lewe, ligter as lug. Hulle tree op as aktiewe materie, wat ruimte beslaan en ’n intieme betrokkenheid met die kunsvoorwerp aanmoedig op maniere wat gehore herinner aan veerkragtigheid, eerbied en verset. Dit roep mense op om bymekaar te kom en rituele van sagtheid te deel in ’n wêreld waar hulle soms hopeloos en alleen voel.
