Die Koning en sy Bruid

Dit is die jaar van onse Heer 1745. Die trousseau is gepak. Die lemoene gepluk. Die lakens skoon gewas. En deur die hele Kaap de Goede Hoop word daar feesgevier, want boer Willem Aarde en beskeie bruid Amélie Bruére trou! ’n Huwelik beteken die vereniging van families. Van plase. Van rykdom. ’n Bruilof beteken ’n erfgenaam! (Of erfgename, indien die Bruid só jonk en só rein en só vrugbaar is soos die een in hierdie storie.) En daar is die geklink van glase in afwagting van die huweliksnag. Maar met die sluit van die slaapkamer en die ooptrek van die hemelbed, kom boer Willem en bruid Amélie van aangesig tot aangesig met onvermydelike, bindende en goddelike plig – ’n plig wat verder strek as net die stroop van klere. Want vir dié bruidspaar op hul huweliksnag, wag daar baie meer as net gevlekte lakens.

R130 Nichola Viviers 15 Jul 13:00, 16 Jul 20:00, 17 Jul 09:30 kykNet Albert Wessels-ouditorium Jeanné-Marie Koekemoer, Heinrich Wentzel, Angelique Filter Jairus Fritz, Nicola Joubert 60 min Age Suitability14+ Age SuitabilitySeks, Ouerleiding LanguageAfrikaans
Kategorie(ë):