Drie van die Bestes

Die samekoms van drie kunstenaars, drie uiteenlopende stemme, drie persoonlikhede – in een produksie op een verhoog: Drie van die Bestes! Ondanks elkeen se uiteenlopende musiekstyl in hierdie vertoning – van pop, tot ballades en ligte klassieke musiek – is dit veral hul a capella- en samesang wat van hulle ’n gedugte kombinasie maak. In hierdie uitvoering span hulle ook kragte saam met die bekende pianis en musiekregisseur Johan Kelber vir ’n ongelooflike musikale reis! 

R220 19 Jul 12:00 Creative Kilowatt Kopanong-ouditorium Mathys Roets, Danie Niehaus, Germandt Geldenhuys, Johan Kelber 70 min Age SuitabilityAlle ouderdomme LanguageAfrikaans, Engels, Italiaans /
Kategorie(ë):