Haas en Harriëte

Mila Verster is ‘n suksesvolle entrepreneur in haar vyftigs. Haar dogter, Tami, word binnekort agtien en Mila is gereed vir ‘n nuwe hoofstuk in haar lewe. Maar dan verdwyn Tami een middag spoorloos en Mila word gedwing om die sluier oor haar verlede te lig. Maar terwyl tyd sommige wonde genees, bly die letsels broos en kom vergifnis teen ‘n prys. Die wêreld is soms regtig wreed en selfs met die beste intensies maak alle mammas foute. 

Susan Coetzer is landswyd bekend as aktrise, motiveringspreker en skrywer. Haar topverkoperroman, Oros vir die siel, het meer as 30 000 eksemplare verkoop. Sy het ook Selma en Louise (2018) en Die uil in die ysbos (2021) geskryf. Sy woon en werk in Johannesburg.   

R40 NB Uitgewers 19 Jul 09:00 ATKV Boeke-oase Susan Coetzer, Ilse de Korte LanguageAfrikaans
Kategorie(ë):