Henriette Grové, bekende dramaturg en prosaïs
’n Gesprek oor ’n nuwe huldigingspublikasie in die reeks oor Hertzogpryswenners van die S.A. Akademie. Dit handel oor die bekende dramaturg en prosaïs, Henriette Grové wat in die Afrikaanse letterkunde iets van ’n marginale (en onderskatte) figuur is; daarom is hierdie publikasie ook ‘n herwaardering. Sy is nooit as Sestiger beskou nie terwyl haar werk al die kenmerke van hierdie beweging toon. Haar klompie ontspanningsromans (oorspronklik in Afrikaanse vrouetydskrifte gepubliseer) het ook nie haar reputasie ten goede gekom nie. Hierdie huldigingspublikasie bevat ook twee hoofstukke oor A.P. Grové, haar eggenoot omdat sy posisie as spilfiguur in die Afrikaanse letterkunde in veral die jare vyftig tot tagtig verband hou met sy vrou se status en plek in die Afrikaanse letterkunde.
