Hulde aan die Helde – Corlia Fourie

Corlia Fourie het bekendheid verwerf met skryfwerk in verskillende genres: dramas (gepubliseer, maar ook vir die verhoog, radio en televisie), werk vir volwassenes, en talle kinder-en jeugverhale, waarin sy veral deur middel van fantasie aksiebelaaide tekste skep en materiaal uit Afrika-sprokies ontwikkel en vernuwe. Sy ontvang verskeie gesogte pryse vir haar baanbrekerswerk op hierdie gebied, onder meer die M E R-prys, die Tienie Holloway-medalje, eervolle vermelding by die toekenning van die Noma-prys, en ook die Alba Bouwer-prys. Tintinyani met musiek deur Peter Klatzow is in Johannesburg, Kaapstad en Bloemfontein opgevoer. Sy skryf ook romans en kortprosa vir volwassenes, en lewer joernalistieke werk vir tydskrifte. 

R40 NALN 18 Jul 18:00 ATKV Boeke-oase Corlia Fourie 60 min LanguageAfrikaans
Kategorie(ë):