Hulde aan die Helde – Nico Luwes
Nico Luwes behaal sy PhD-graad in Drama- en Teaterkuns in 2012 aan die UV met sy proefskrif onder prof. Hennie van Coller wat met die D.F. Malanprys bekroon word. Hy voltooi tans ‘n PhD in Kreatiewe Skryfkuns oor Afrikaanse klugte met prof. Henning Pieterse as promotor. Hy het gewerk as akteur by SUKOVS en verskeie doserende poste beklee voordat hy in 1990 departementshoof van die UV Dramadepartement en later professor geword het. Benewens sy skryfwerk, doen hy komiteewerk en word onder andere voorsitter van die Kunstekommissie van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns. In 2020 word die SA Akademie Eremedalje en die Gerhard Beukes-prys vir Lewenslange Bydrae tot Teater aan hom toegeken. Hy is 47 jaar getroud met Alet en trotse pa van prof Nicolaas Luwes, Michelle Joubert en Carmen Neethling.