Jak de Priester & Antoinette Pienaar in Koppieteefontein

In dié verhoogweergawe van die gewilde kykNET-kuierprogram Koppieteefontein met Jak de Priester as onderhoudvoerder kuier die Karoo-kruiekenner Antoinette Pienaar saam. Beleef dié twee kunstenaars deur musiek, stories, voordrag en ’n gesprek. Word weggevoer deur Antoinette se unieke uitkyk op die lewe en haar pragtige stem wanneer sy voordra en vertel en Jak voor die klavier inskuif met liedjies oor die lewe, die liefde en die Karoo. 

R250 16 Jul 13:00, 17 Jul 20:00 Odeion-ouditorium Jak de Priester, Antoinette Pienaar 90 min Age SuitabilityAlle ouderdomme LanguageAfrikaans
Kategorie(ë):