Jong Leiers, Groot Impak: Kulturele Bewaring en Globale Leierskap

Hierdie gesprek bring vier uitmuntende jong leiers bymekaar – van mediese innovasie tot strategie, van impak en volhoubaarheid tot kundigheid in kultuur- en erfenisbestuur – om te verken hoe jong volwassenes hul kulturele erfenis as ʼn dryfkrag vir betekenisvolle verandering benut. Die paneel sal besin oor die rol van internasionale samewerking, die uitdagings en geleenthede wat jong verskilmakers in verskeie sektore ervaar, en hoe hulle hul erfenis as ʼn bron van inspirasie vir vooruitgang aanwend. 

R40 17 Jul 14:00 ATKV Boeke-oase Magon Danéél Mouton, Goitseone Tanki Thebe, Courtney Gehle, Sifiso Dube LanguageAfrikaanse
Kategorie(ë):