Kaskenades!
Het jy al ooit gewonder waarheen daai verlore sokkies verdwyn? Kan dit die magsbehepte Monsokster wees wat al die klere vir homself wil hou? Sal Kasper, ‘n trotse kaskadet van die Kaskenade-alliansie-teen-die-skelm-bewind-van-die-monster en die sewe-en-’n-half-jarige, rolskaatsende Blommie die monster kan verslaan? Of is ons eindelose soeke na nog, nog, en NOG dalk die ware monster? Kaskenades! verken kwessies van klimaatsverandering en hebsug in ‘n borrelende, holderstebolder, fantastiese visuele fees vir jong gehore. Kom hoor van Kasmannetjies in die Kraakburg-kaswêreld!
Kategorie(ë):