Kaskenades!

Het jy al ooit gewonder waarheen daai verlore sokkies verdwyn? Kan dit die magsbehepte Monsokster wees wat al die klere vir homself wil hou? Sal Kasper, ‘n trotse kaskadet van die Kaskenade-alliansie-teen-die-skelm-bewind-van-die-monster en die sewe-en-’n-half-jarige, rolskaatsende Blommie die monster kan verslaan? Of is ons eindelose soeke na nog, nog, en NOG dalk die ware monster? Kaskenades! verken kwessies van klimaatsverandering en hebsug in ‘n borrelende, holderstebolder, fantastiese visuele fees vir jong gehore. Kom hoor van Kasmannetjies in die Kraakburg-kaswêreld! 

R120 Jeanne-Marié Koekemoer, Mikayla Klerck 16 Jul 09:00, 17 Jul 15:00, 18 Jul 16:00, 19 Jul 09:00 Odeion-amfiteater Jeanne-Marié Koekemoer, Caeli Achenbach, Zoë Oosthuizen, Mikayla Klerck, Heinrich Wentzel, Angelique Filter, Zara West Mikayla Klerck 40 min Age SuitabilityAlle ouderdomme LanguageAfrikaans
Kategorie(ë):