Kinder-klippe-kuns
‘n Klippie vir jou, en ‘n klippie vir my. Laat jou innerlike kunstenaar uitkom deur jou eie, unieke klippie te kies en te verf of versier! As deel van die Mebala-bala-gemeenskapsprojek wil ons vanjaar kinders – van alle ouderdomme – uitnooi om die tuine van die Vrystaat met hulle klippies te versier. Hierdie gratis projek sal hulle kans gee om hul natuurlike kunsliefde te laat straal.
Let wel hierdie is nie ‘n vaste werkswinkel nie. Individue (ons wil fokus op kinders) kom in, kies ‘n klippie – daar sal inkleurpenne beskikbaar wees – en versier dit dan soos wat hulle wil. Na die werkswinkel kan die kinders hul klippie saamneem huis toe. Sodra die deelnemers klaar is met hul klippie, is hulle “klaar” met die werkswinkel, en gee dan iemand anders kans om hul klippie te versier.