KlarinetFantasieë
Die Cape Reeds-klarinetkwintet is in 2022 gestig en bestaan uit ‘n groep professionele klarinetspelers wat uit verskillende dele van die Kaap kom. Hulle voer opwindende nuwe werke en opdragwerke uit in ‘n unieke en spesiale kamermusiek-atmosfeer. Die wye verskeidenheid musiek wat hulle uitvoer, sorg nie bloot net vir die vermaak van luisteraars van alle ouderdomme nie, maar is ook ‘n strategiese poging om die speel van die klarinet as instrument te bevorder.
Kategorie(ë):
