Koos, Koos en ander Meesters (100 jr se wenresepte)
Mathys Roets, Johan Liebenberg en Jacobus Silwer betower gehore met ‘n nuwe produksie van Afrikaanse musiek soos nog nooit tevore gehoor is nie! Die driemanskap vertolk die afgelope 100 jaar se grootste Afrikaanse liedere met unieke stemme, harmonieë en verskillende instrumente en bring ‘n splinternuwe klank na vore. Van Oom Chris Blignaut, Gé, Anneli, Kerkorrel tot Kombuis: ons erfenis is vir ons mooi en dis nog lank nie die einde nie! Kom deel trots in die verlede, hede en toekoms van Afrikaanse musiek!
Kategorie(ë):