Lize Beekman
Die geliefde sanger en liedjieskrywer Lize Beekman se musiekloopbaan strek oor 28 jaar. Sy begelei haarself op kitaar en klavier onderskeidelik en soos altyd beloof haar vertoning ’n belewenis van sielvolle musiek en besielende lirieke uit haar pen, wat gehore diep sal raak. Skuif gerus nader, kom sit ’n bietjie langs haar, en gee jouself oor aan ’n intieme musiekervaring en van die mooiste lirieke in ons Afrikaanse taal.
Kategorie(ë):