Maak jou eie Blomme
Die Vrystaat is in volle “Bloem”. Kom vier 25 jaar van Fees-Wees deur liefde en vrolikheid te versprei deur die strate van Bloemfontein. Wees deel van ons gemeenskapsprojek waar ons soveel blomme as moontlik, in enige kunsmedium, wil insamel en maak sodat ons dit kan uitdeel aan die Oupa’s en Ouma’s in die stad. Geniet die feesatmosfeer en kom lag saam terwyl ons Bloem se winter weer kleurvol maak!
Kategorie(ë):
