Magda en haar Erhard, how Louw can you go?
Hulle het ’n goeie show beplan, regtig, hulle’t gehoop om selfs vir ‘n prys genomineer te word. Maar die ou man vergeet heeltyd sy invalle en arme Magda moet net vure doodslaan. Eerlikwaar, die begin is bra flou, maar die middel is darem … oukei-erig. En die einde sal jou met stof tot nadenke los. Hopelik. Magda en Erhard gesels oor die kuns van die lewe, die fases van oudword; die jare wat ons in prentjies kan opsom en hoe ons met die verfpot in die hand staan. Tot die kwas opdroog.
Kategorie(ë):