Maklik met Marinda
Maklik met Marinda bevat resepte van nostalgiese huiskos sonder fieterjasies of vreemde bestanddele wat jy in ’n japtrap kan berei. Al die immergroen-gunstelinge vir skaap- en beesvleis, hoender, vis, vark, brood, rys, randrekkerpastas, sappige bykosse, soettandgenotjies en gebottelde slaaie, souse en konfyte is daar: staatmakerresepte in doodeenvoudige stappe vir elke dag se gebruik. Marinda is ’n voorslag in die kombuis en hou nie van vaal kos nie, selfs afval moet met ’n bietjie kleur voorgesit word. Sy was die aanbieder van die gewilde kosprogramme Maklik met Marinda en Laat die potte prut op VIA, DStv-kanaal 147. Dit is haar vierde kookboek dié.
Kategorie(ë):
