‘n Begin

Dit is die vroeë oggendure in die nadraai van haar nuwe woonstel se daknatmaak. Hy is die laaste oorblywende gas. Die woonstel is ‘n gemors en hulle ook … David Eldridge se toneelstuk is ‘n intieme ondersoek na moderne verhoudings, met twee gebroke mense wat aan die einde van ‘n partytjie uitreik na mekaar. Dié skerpsinnige stuk – sowel komies as aangrypend – vra vrae oor wedersydse eensaamheid, konneksie, menslikheid en intimiteit. 

’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie, ondersteun deur NATi. Speelvak ondersteun deur die Vrystaat Kunstefees.

R180 Tinarie van Wyk Loots 15 Jul 13:30, 16 Jul 17:00, 17 Jul 13:30, 19 Jul 20:30 kykNet Scaena-teater Cintaine Schutte, Carel Nel Lize Marie Wait Cintaine Schutte 90 min Age Suitability16+ LanguageAfrikaans
Kategorie(ë):