Padkos & Polyphony

Die Scullery Quintet se Padkos & Polyphony bevat splinternuwe verwerkings van die wêreld se bekendste musiek vanoor ‘n wye spektrum. Met hul unieke mengsel klassieke strykkwartetklanke gemeng met ‘n kontemporêre ritmeseksie, bied die Scullery Quintet ikoniese musiek aan van komponiste soos die Beatles, Bach, Piazzolla, Ernest Ranglin, Abdullah Ibrahim (Dollar Brand), Beethoven en meer. Die kwintet se innoverende verwerkings en improvisasies is ‘n klankreis vir jong en ou musiekliefhebbers. Kom luister na hierdie eufoniese klankfees. 

R180 Peter Auret 15 Jul 17:00, 17 Jul 13:00 Odeion-ouditorium Peter Auret, Hana Yim, Viwe Mkizwana, Tiisetso, Samuel Mashishi, Waldo Luc Alexander, The Scullery Quintet 90 min Age SuitabilityAlle ouderdomme LanguageAfrikaans, Engels
Kategorie(ë):