Rescue Remedy

Niemand het ‘n gemaklike verhouding met hul pa nie. Rescue Remedy is ‘n moffiekind se snaakse, tragiese poging om hul pappa halfpad te ontmoet. Letterlik, op die N2 snelweg. Bekende hoogtepunte van ‘n plofbare verhouding beeld die liefde, misverstand, en woede tussen pa en kind uit, waaroor mens agterna kan lag. Rescue Remedy skyn ‘n kollig op queer mense in kontemporêre Suid-Afrika, die trauma van ‘n soldaat en geestesgesondheid. Kan pappa en kind hul ego’s eenkant skuif? Dalk is daar nog hoop. Liefde is rede genoeg om aan te hou praat. 

Ondersteun deur NATi, speelvak ondersteun deur die Vrystaat Kunstefees.

R120 Tailyn Ramsamy 15 Jul 20:00, 16 Jul 20:30, 19 Jul 18:00 Kunstetrust Repteater Roland du Preez 58 min Age Suitability12+ LanguageAfrikaans, Engels
Kategorie(ë):