Rooikappie en die Drie Varkies
Mammas van seuntjies weet: dis harde werk. Veral as dit drie varkie-seuntjies is! Op ‘n dag is Mamma Fransiena Vark keelvol vir die huis wat soos ‘n varkhok lyk. Met ‘n laaste “pasop vir die nare wolf” gaan kuier sy by Ouma en die drie varkie-seuntjies moet self opsnork. Terwyl hulle droom om hul eie huisies te bou, ontmoet hulle Rooikappie. Én moet hulle rekening hou met Wynand Wolfie! Kom geniet Rooikappie, Fansie, Flippie en Frikkie Varkie en Wynand Wolfie se avontuur.
Kategorie(ë):