Soliloquy: the untold story of Sleeping Beauty’s dreams
“Hierdie liggaam van werk neem die vorm aan van ‘n herskrywing van die sprokie Doringrosie deur Charles Perrault (1634) en is, as sodanig, deurdring van universele argetipes wat spreek tot die kollektiewe onbewuste van die mensdom. Hierdie argetipes en simboliese beelde word gebruik as ‘n afspringplek in my werk om ‘n persoonlike storie oor te dra wat visueel vorm aanneem. Soos sprokies, is die kunswerke bedoel om as ‘n katalisator op te tree om die kyker te betrek en ‘n ‘ruimte’ te skep vir interne vrae en evaluasie. As sodanig bied hierdie werk die kyker ‘n geleentheid vir tydlose sielkundige refleksie.”
Kategorie(ë):
