Speenvark

’n Poging tot ’n eenpersoonstuk, of ’n worstelende gedig, geskoei op, en met apologie aan, Shakespeare se Hamlet (ook jammer aan Jonker / De Villiers / Malherbe / Totius / Opperman / Yeats). ’n Tentatiewe, maar geweldadige ondersoek na die emosionele landskap van wat dit is om ‘n Suid-Afrikaner te wees. Met voorouers gewortel in Afrika en Europa, die ontgogeling van menslikheid en essensiële emosionele selfmoord, word die soeke na identiteit uitgebeeld deur middel van die ekstrapolasie van die verskeie karakters in die oorspronklike teks, wat almal uit dieselfde mond praat. 

‘n Vrystaat Kunstefees produksie, moontlik gemaak deur NATi

R220 Tinarie Van Wyk-Loots 15 Jul 20:30, 16 Jul 20:30, 18 Jul 17:00, 19 Jul 13:00 kykNet Scaena-teater Tinarie Van Wyk-Loots Tinarie Van Wyk-Loots, Vrystaat Kunstefees / Vrystaat Arts Festival 55 min Age Suitability16+ LanguageAfrikaans
Kategorie(ë):