Spookstories van CJ Langenhoven

Onthou jy die tyd van Springbokradio, Die pad oor Kleinbegin en Staal Burger? Bring jou verbeelding, ’n kombers vir die koue, ’n glasie rooiwyn en kom sit naby aan mekaar vir ’n outydse spookstorieaand. Die vure brand al in die amfiteater waar die UV se Departement Drama- en Teaterkuns ons gaan terugneem na die einste Springbokradio met CJ Langenhoven se spookstories as lewendige radiodramas; na ’n wêreld waar dit sweerlik werklik spook. 

R40 Thys Heydenrych 16 Jul 20:00, 18 Jul 20:00 ATKV Boeke-oase Amfiteater Chris Vorster, Alec Debbo, Anthea van Jaarsveld, Thys Heydenrych, Jani Marais, Barend Kriel, en ander LanguageAfrikaans
Kategorie(ë):