Tollie Parton: Hoofseun

‘n Komiese, hoogs aansteeklike, semi-aanstootlike kykie na wat dit werklik beteken om ‘n klein Afrikaanse dorpie se verwagtinge die hoof te bied – as ‘n drag queen. Wynand Kotze, Vanrhynsdorp se voormalige hoofseun, is nou die fopdosser Tollie Parton. Hoe gebeur so-iets? En die grootste vraag van almal: Hoekom bly mense dink sy is Casper de Vries met (groter) pramme? Van hoofseun na hoofmeisie. Hier kom vet pret. ‘Skuus. Mens mag nie meer “vet” sê nie. Die pret het ‘n growwe beenstruktuur. 

R200 19 Jul 20:30 Creative Kilowatt Kopanong-ouditorium Wynand Kotze 70 min Age Suitability18+ LanguageAfrikaans
Kategorie(ë):