Transponering van romans na dramas en/of films

’n Gesprek oor die transponering van romans na dramas en/of film. Hierdie proses staan bekend as intermediasie en is ’n besondere vorm van herskrywing wat in baie opsigte vergelykbaar is met vertaling. Die laasgenoemde kom altyd neer op mediëring tussen die oorspronklike teks en die vertaling en gebeur nooit sonder om aspekte soos literatuuropvattings, ideologie en kultuur in ag te neem nie. Wanneer ’n roman omgesit word na ’n film (bv. ’n roman van André P. Brink of J.M. Coetzee na ’n Hollywood-produksie) is daar verskeie faktore wat die regisseur in ag moet neem asook die kyker wat dikwels gekonfronteer word met ’n film gebaseer op ’n roman wat afspeel in ’n ander land, ander kulturele konteks én geskryf in ’n ander taal én ander medium. 

R40 H.P. van Coller, Anthea Van Jaarsveld, Nico Luwes 15 Jul 16:00 ATKV Boeke-oase 60 min LanguageAfrikaans
Kategorie(ë):