Van Egoli via 7de Laan tot in Binnelanders
ʼn Gesprek oor die kreatiewe geskiedenis en sosiale (selfs maatskaplike) verantwoordelikheid van sepies (TV-dagvervolgverhale). Hoe het die Afrikaanse sepie-landskap (eties, kreatief en tegnies) verander sedert 1992? Is daar iets omtrent sepies waaroor jý nog altyd gewonder het … kom vra gerus. Hennie van Coller gesels met Chris Vorster wat (met groot entoesiasme) sy binnekennis met sepie-aanhangers (en -kritici) sal deel.
Kategorie(ë):
