Verbode Gedagtes in Stereo

Verbode Gedagtes in Stereo is geïnspireer deur die Facebook-blad I Regret Having Children, en verken die gedagtes van ‘n jong, suksesvolle sjef. Sy reflekteer oor  dinge wat die meeste mense ervaar en oor dink, maar nooit durf hardop sê nie. Hierdie toneelstuk stel dit wat ons dink versus dit wat ons sê in sterk kontras, en bevraagteken of dit beter is om te sê wat in jou kop aangaan of om daardie gedagtes agter slot en grendel te hou.

R150 Thys Heydenrych 15 Jul 16:00, 16 Jul 17:30, 19 Jul 17:00 kykNet Albert Wessels-ouditorium Jani Marais Daniëlle Doubell Vrystaat Kunstefees, UV Departement Drama- en Teaterkuns 60 min Age Suitability16+ LanguageAfrikaans
Kategorie(ë):