My project-1 (29)

BARABBAS, ’N JOURNEY TO (?)

Is all good and well, maa die weight vannit sit nêrens, skryf Paul Kammies.

Die story het promise, maa in Barabbas, die verhaal van dié religious karakter, is daa maa min wat ’n mens kan sê oor die actionable gedeelte van die storie. Issi type of theatre wat jy kan gaan kyk as jy net wil relax.

Ommit gou to contextualise, Barabbas is ’n karakter inni Bybel. Hy is mutiple times imprisoned omdat hy sy middelvinger inni Roman government se face gesit’et. ’n Man van riots, revolution, vryheid, maa ook ’n man wat moord gepleeg het, ’n “notorious prisoner”. ’n Customary pardon is verskaf, enni Romans het die option tussen Jesus en Barabbas gehad – die former is chosen om gekruisig te wies. Die mense het ’n criminal bo ’n saviour gekies. Dai issi jist vanni verhaal.

Barabbas (Zane Meas) probeer om sy tumultuous verhouding met sy pa te process, terselfdertyd vra hy questions oor die saviour wat in sy plek ge-crucify is. Die produksie switch between Barabbas se lamentations en music wat die crucifixion arc beskryf. Essentially ’n story van redemption, hoop, aspiration en mended relationships (in a way). 

My issue metti produksie is dat die music te veel priority neem. Geen problem haa’mee nie, but die value van Barabbas se story word velore inni musical score en ôs kry nie die speculative narratief wat eintlik moet fight om itself even te establish nie. Hectically, Barabbas laat my dink aan ’n way more professional kêkproduksie met goeie musiek, talented musicians en ’n sterk akteur; en ’n goody-bag ná die vertoning.

Is all good and well, maa die weight vannit sit nêrens. Die impression wat geskep word, is dat die story weighted is, dai weight lê inni story van dai marginalised karakter. Iemand wat genade gekry’et even though hy’t dit nie deserve nie. Dai story kry nie eers ’n kans om asem te haal nie, die whole produksie wôd dan lifeless, breathless. There’s ’n sense of edginess wat missing is. Cadences van Barabbas se backstory wat hard slaan soes ’n cymbal, wat resonate. Dit bring jou inner bone marrow tot ’n stand still. ’n Gevoel van iets wat lost is, van iets wat truly meaning het – die audience issi genoeg exposed to ôs karakter nie. We are fed the story, and hardly kry ons die kans om sy story te ervaar.

With that said, isse heavy professional produksie en die musiek is goed. Dit speel af soes ’n Easter play. For what it’s worth, gee os maa’net die musiek. Of gee os die story van Barabbas sonder om hom te dilute.

Share this post