Bloedsomer 

Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en word oorgeplaas na Mooibaai. Die bedompige klimaat voel soos ’n tronksel en sy mis die ooptes van die Vrystaat en, daarmee saam, bekostigbare blyplek. Speursersant JP Hendriks, aan wie sy deesdae rapporteer, toon boonop nie ’n greintjie simpatie nie. Een Vrydagoggend in Desember vang ’n vakansieganger met sy hommeltuig se kamera ’n afgryslike toneel vas. Tussen die voetstukke van ’n geroeste windpomp in ’n afgeleë stuk veld wat grens aan ’n staproete, ’n bebloede bondeltjie mens. Minder as 24 uur later word ’n foto van nóg ’n slagoffer iewers in ’n stegie van die onderdorp soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriarg van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament in gemeen? En waar kom die albaster wat in die eerste slagoffer se hand vasgeknyp was, vandaan? Petunia en JP word oornag die hoofondersoekers in ’n duistere moordsaak.  

Met: Sidney Gilroy, Jonathan Amid (gespreksleier) 
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 60 min 
Prys: R40 
Plek: ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal) 
Tyd: 4 Jul 16:30 

Koop Kaartjies