Boeremusiek Roccostyl

So klassiek soos ’n gestyselde voortrekkerkappie en so vars soos ’n melktert uit die oond toor klavierspeler Rocco de Villiers met “boereclassics” in eg Rocco-styl met treffers soos Die ou waenhuis, Koekoekwals, Hartseerwals, Outa in die langpad, Kalfiewals, Umfaan en Keurspel van Jim Muller. Oudergewoonte saam met Lizelle le Roux op viool en Hansie Roodt Jr kry die melodieë nuwe baadjies met ’n blom op die bors daarby. Die vraag is wie gaan die melodika speel? 

Genre: Kontemporêre musiek | Contemporary music

Pianis | Pianist: Rocco de Villiers

Viool | Violin: Lizelle le Roux

Kitaar | Guitar: Hansie Roodt Jr

Taal | Language: Afrikaans

Aanbevole ouderdom | Age suitability: 13+

Tydsduur | Running time at full length: 80 min

Kaartjieprys | Ticket price: R170 vooraf, R180 by die deur

Datums en Tye | Dates and Times: 2 Jul 20:00, 3 Jul 10:00

Lokaal | Venue: Odeion

 

Koop Kaartjies