AFVAL

Ek het al heelwat van Afval gehoor. Dit was by verlede jaar se Woordfees en by vanjaar se KKNK en Suidoosterfees te sien, en is by 2022 se Première Teaterfees aangewys as wenner van die beste teks, beste ontwerp en beste ondersteunende aktrise. Ek het egter eers by vanjaar se Vrystaat Kunstefees die geleentheid gekry om dié klugkomedie te sien.

BOEKGESPREK: HIERDIE LAND: DAAR IS IETS AAN SUID-AFRIKA. 56 SKRYWERS VERTEL

Hierdie land: Daar is iets aan Suid-Afrika bevat ’n keur van skrywers, kunstenaars en ander bekendes se perspektiewe op die verbintenis wat elkeen het met Suid-Afrika. Hulle is gevra wat vir hulle uitstaan van die land. Wat is uniek en kosbaar aan Suid-Afrika? ’n Boek wat Suid-Afrikaners op hierdie stadium waarskynlik broodnodig het – veral teen die agtergrond van die land se politiek en die algehele trivialiteit van die daaglikse nuus.

’N AKKERBOOM: ’N FRAMEWORK VI DIE ANNIHILATION OF PAIN

Die play An Oak Tree deur Tim Crouch kry nuwe lewe in ’n Akkerboom – experimental, filling you with dread. Die oorspronklike teks is geskryf as ’n response to ’n conceptual artwork van Michael Craig-Martin waarin hy viewers uitdaag om ’n glas water as ’n akkerboom te beskou. Inni play wôd dai themes van suggestion, illusion en die werklikheid in ’n groot pot met die macabre en die dood versmelt.

FRAGMENTED: DIE PASSAGE OF TRAUMA

Jane Mpholo speel ’n meisie wie se stem nog altyd oppressed was, haa body, haa beliefs en haa mind was never hers. Die ding is hoe repair ’n mens ná ’n hele lewe lank van abuse, beledigings en silent-wies – dit is watti play ondersoek deur ’n dangerous verkenning van die fragmented passage of trauma.

DIE FEL OMSTREDE KROON VAN EDWARD II EN GAVESTON: ’N MOET-SIEN

Wow, julle – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston is meesterlik.

Die oorspronklike teks deur die Belgiese skrywer Tom Lanoye is ’n aanpassing van Christopher Marlowe se Edward II uit 1594 en spreek kwessies van mag, liefde, verraad en selfvernietiging aan. Die oorspronklike, volledige titel deur Lanoye heet: Die fel omstrede kroon en die deerniswekkende dood van Koning Edward II & sy gunsteling-Jonker Gaveston onder wiens betowering hy sy rug keer op sy koningin en die kroonprins tot die steeds groeiende woede van die hele adelstand en die grotendeels nog onbegrypende gepeupel.

BOEKGESPREK: HIERDIE LAND: DAAR IS IETS AAN SUID-AFRIKA. 56 SKRYWERS VERTEL

Hierdie land: Daar is iets aan Suid-Afrika bevat ’n keur van skrywers, kunstenaars en ander bekendes se perspektiewe op die verbintenis wat elkeen het met Suid-Afrika. Hulle is gevra wat vir hulle uitstaan van die land. Wat is uniek en kosbaar aan Suid-Afrika? ’n Boek wat Suid-Afrikaners op hierdie stadium waarskynlik broodnodig het – veral teen die agtergrond van die land se politiek en die algehele trivialiteit van die daaglikse nuus.

VROU ENS.: DIE KYK WERD!

Mandri Sutherland vertolk in Vrou ens., ’n eenvroustuk, die rolle van ’n opgestoke kerktannie, ’n diepsinnige vrou wat haar jeugherinneringe besoek, ’n fiksheidfanatikus en ’n stereotipiese hipster-karakter van Seepunt.

DAKIE VUKA EMAQANDENI: DIE BEGIN VAN SOMETHING BIGGER

’n Highlight, wêklik.

Dakie Vuka Emaqandeni, ’n play opgemaak uit verskillende sketches, is funny, gracious en vol baie moments wat net relevant is. Mzikayise Tom Dyantyi en Mxolisi Peace Moletsane speel many karakters in hierdie produksie. Hulle doennit sonne om tired te raak, sonne om die energy te lose. They are invested in the stories they are telling en hulle is hie ommit met resilience en vigour te vertel.

BLACK BOI MEETS BOOGEYMAN

Black Boi meets Boogeyman is dalk die coolste ding wat ek al gesien of ervaar het. Ek kan dit die beste as ’n multi-kunswerk-VR-performance beskryf – ’n 360°-film, selfs. Black Boi meets Boogeyman is geskryf deur die bekroonde slam poet, skrywer, kunstenaar en sosiale aktivis Xabiso Vili en geskep in samewerking met die Universiteit van Johannesburg.

Die goeie pa: ’n beliggaamde ervaring

Die goeie pa bied ’n komplekse en ambivalente perspektief op die tema van generasionele trauma, misplaaste skuld, ontkenning, stilswye en geheimhouding wanneer dit kom by taboe-onderwerpe soos perversiteit en seksuele oortredings binne die gesinsverband.

Erika Breytenbach-Marais vertolk meesterlik die rolle van al vyf die karakters in hierdie toneelstuk, met haar optrede wat tot in die fynste besonderhede ’n volle beliggaming van elke karakter vertoon – sy is sag en sensitief wanneer sy die rol van Diaan vertolk, growwer en meer op die man af wanneer sy Diaan se tweelingsuster Karla is, selfvondaan en toksies-trots wanneer sy Dewald, die pa, se rol vertolk en verwytend en bitter as sy aan die ma Susan se dialoog lewe gee.

BOEKGESPREK: STORIES UIT WOESTYNE EN ANDER WOESTE PLEKKE

Ek was byna laat vir hierdie gesprek (en nogal die een waarna ek die meeste uitgesien het!) maar daar aangekom en ’n lekker glasie Lowerland-Die Wonderdraai-witwyn blend later, en ek is snoesig in die gehoor, gereed om meegevoer te word deur die stories van fotojoernalis en gespreksleier, Willem van der Berg, en reisjoernalis, Toast Coetzer. (Dankie aan die ATKV-Boeke-Oase wat verwarmers in die lokaal aangesit het!)

DEIDRÉ: VERMAG HEELWAT MET MIN

Deidré is ’n debuut- en studenteproduksie onder regie van Lize-Marie Malan. Dit is deel van die Vrystaat Kunstefees se vrynge-kategorie, en val dus in die genre van randteater (“fringe theatre” in Engels – kudos aan die een op die feesspan wat die slim woordspeling van “vrynge” uitgedink het). Vir dié wat dalk nie bekend is met randteater nie: Collins-woordeboek omskryf hierdie tipe teater as “theatrical performance that is unconventional or otherwise distinct from the mainstream”. Dis ’n genre wat gekenmerk word deur risk-taking, baie min tegniese aspekte en klein rolverdelings. Tekste van hierdie tipe teater is geneig om meer obskuur, ongewoon, eksperimenteel en edgy te wees (of so vertel Wikipedia). Ek dink dis belangrik om hierdie kenmerke in ag te neem wanneer Deidré bespreek word.

DIE INVLEG/ONTVLEG VAN MY KROON SE KRANK

My kroon se krank issi hie om te vra vir space nie, is hie om dit te occupy, it gee nie ’n single damn oor die side eyes en die clutched pearls nie. ’n Piece of theatre watti overlaps in South Africa se history en present uitcall, vanne voice wat jou onkant vang. Don’t blink – not even for a second. Luiste vi ’n moment.

Incognito: stof tot nadenke

Die konsep waarop die toneelstuk Incognito gebaseer is, is ’n interessante een. Wat maak ’n genie geniaal? Wat onderskei die intelligentstes onder ons van die res van die samelewing? Wat word van ’n brein wat die een of ander vorm van trauma ervaar? En is identiteit en geheue blote illusies?

Die goeie Pa

Die goeie pa is Paul du Toit se Afrikaanse vertaling en verwerking van Gail Louw se Engelse teks The good dad. Dis ’n eenvroustuk met Erika Breytenbach-Marais in die hoofrol. In Du Toit se verwerking bestaan die stel uit slegs ’n reghoekige, wit platform wat in die middel van die verhoog geplaas is. ’n Grys kussing en rooi kombers is die enigste rekwisiete op die stel. Terwyl teatergangers hulle plek inneem, is rooi verhoogligte gerig op die platform; leeg behalwe vir die kussing en die kombers daarop. Dit skep ’n onheilspellende beeld.

Klyntji x Vrystaat Kunstefees

Klyntji bring eksklusiewe resensies en ’n lekker skinderrubriek na die Vrystaat Kunsfees in 2023!

Klyntji, die bekende webjoernaal, is opgewonde om deel te wees van die Vrystaat Kunsfees vanaf 11 Julie tot 15 Julie 2023. Klyntji gaan eksklusiewe resensies en ’n boeiende skinderrubriek aanbied wat jou sal meesleur in die fees ervaring.

Mebala-bala

Dis weer winter, tyd vir wolkomberse en warm wolklere. Die Mebala-bala-projek bied vanjaar twee geleenthede aan om almal “wolwys” te maak. Met breinaald en hekelpen kan mense help om ‘n mosaïek-wolkunswerk van 5 247 wolblokkies te skep. Dan word verskeie werkswinkels ook aangebied waarmee vaardighede in onder meer weef- en kwiltwerk, viltmakery, tolletjiebrei, Franse naaldkuns en lappopmakery aangeleer kan word. Hierdie kleurvolle projek wil die gemeenskap bymekaarbring en bewustheid kweek oor die waarde en potensiaal van wol en handwerk.

It’s winter again, time for woollen blankets and warm clothes. The Mebala-bala project offers two opportunities this year to make everyone more “wool-wise”. With knitting needles and crochet hooks, people can help create a mosaic artwork made up of 5 247 wool blocks. Several workshops are also offered to learn skills such as weaving, quilting, felting, French needlework, and doll making. This colourful project aims to bring the community together and raise awareness about the value and potential of wool and handicrafts.

VIR DIE MUSIEKLIEFHEBBERS! | FOR THE MUSIC LOVERS!

Prepare to be dazzled by 12 phenomenal shows, each meticulously curated to showcase the very best of these captivating genres. From the allure of Cabaret, with its vintage charm and theatrical brilliance, to the cutting-edge sounds and innovative compositions of the Contemporary scene, and the timeless elegance of Classical masterpieces—our festival has it all!

KAARTJIE VERKOPE IS NOU OOP! TICKETS ARE NOW SELLING!

Day/Week passes Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat die Vrystaat Kunstefees sy program vir 2023 bekendgestel het! Hierdie week het die fees ‘n privaat geleentheid by die sentrale mediahoofkwartier in Bloemfontein aangebied, wat bygewoon is deur borge, ondersteuners van die fees, die span en kunstenaars. Die bekendstelling was ‘n groot sukses, en … Read more

KUNSTEMARK AANSOEKE NOU OOP! | ARTS MARKET APPLICATIONS NOW OPEN!

Maak gereed vir die winterterugkeer van die Vrystaat Kunstefees! Na drie jaar is die volledige feeservaring terug in die winter, waar ons hoort! Sê totsiens vir die verwarring van die afgelope paar jare en merk jou kalenders. Al die Produksies, die Literatuurfees, Vrynge en ons fantastiese Kunstemark vind plaas vanaf 11 tot 15 Julie 2023. … Read more

ATKV KOM TOT FEES SE REDDING | ATKV COMES TO FESTIVAL’S AID

Ná ’n maand wat gekenmerk is deur terugslae en uitdagings, kan die raadslede en bestuur van die Vrystaat Kunstefees ’n sug van verligting slaak, nadat die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) die fees te hulp gesnel het. Die ATKV het goedgunstiglik aangebied om die uitstaande vergoeding vir kunstenaars van die 2022-fees oor te neem. Hierdie … Read more

NUWE FEESDIREKTEUR AANGESTEL | FESTIVAL APPOINTS NEW DIRECTOR

Die Raad van die Vrystaat Kunstefees het Michael Garbett as die fees se nuwe direkteur aangestel. Die raad en die feesspan bedank Corneli van den Berg vir haar toegewyde diens, leierskap en visie wat die fees weer op die been gebring het ná die pandemie. Betrokkenes in die teaterindustrie ken Michael Garbett as ’n vernuwende … Read more

MEDIAVERKLARING | MEDIA RELEASE

Die Vrystaat Kunstefeesraad ondersoek tans besluite en aksies wat gelei het tot die laat-betaling van kunstenaars ná die 2022-fees. Ons is bewus van boodskappe op sosiale media en beriggewing in ander media oor veronderstelde terme en tydlyne van die beoogde vergoeding. Om oop kommunikasie met die kunstenaars te verseker, het die fees met hulle gekorrespondeer … Read more

2023 Produksie Aansoeke Oop | Production Applications Open

Kunstenaars en produksiemaatskappye word genooi om aansoeke in te dien vir die Vrystaat Kunstefees hoof- en vrynge-programme in 2023. Die fees vind plaas vanaf 11-15 Julie 2023 op die Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein-kampus. Die kunstefees programmeer ’n diverse mengsel van visuele kuns, teater, musiek, letterkunde, openbare kuns en multidissiplinêre werke in ondermeer Afrikaans, Engels, … Read more