Marion Holm

Dis die klein jakkalsies soos bure, honde en mense wat daagliks haar wingerd verniel. Marion wíl nie gil nie, sy soek nie smart nie, geniet nie verdriet nie, sy systap sonde en stouterds, glimlag gedwee en lag luid … Sy praat in prentjies oor die alledaagse lewe met daai tipiese Holm-eerlikheid én -heerlikheid. Kom lag … Read more

die waarheid oor duiwe  

die waarheid oor duiwe is ‘n intieme musiekproduksie vir een vrouestem, ondersteun deur ‘n klavier en ‘n dwarsfluit. Die poësie van die bekroonde digter, Gisela Ullyatt, kry vlerke deur swewende melodieë, nostalgiese, gesproke teks en treffende visuele komponente. Iewers tussen klassieke en kontemporêre musiek vind elke gehoorlid ‘n raakpunt tydens dié aangrypende, eiesoortige Suid-Afrikaanse vertoning.  … Read more

Routrip

Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog. Met niks om te verloor nie, begin haar tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te … Read more

Byster

Byster is die storie van ’n jong vrou wat sukkel om 2023 te navigeer. Sy’s regtig snaaks, maar waarskynlik ’n bietjie van ’n narsis. Sy sê kaalvuis wat sy dink, wonder wat dit beteken om vrou te wees en vra haarself af of sy regtig ’n Afrikaner genoem kan word. Sy weet dit nie, maar … Read more

Alles tot nou

Aletta is maar net ‘n eenvoudige meisie wat nog altyd wou perform en in hierdie stand-up-eenvroustuk deel sy alles van hoe sy op die ouderdom van tien verslaaf geraak het aan Aromat, tot hoe sy onlangs rabies survive het. Hierdie vertoning is ‘n tell-all propvol humor en deernis en ‘n kykie na Aletta se lewe … Read more