Marion Holm

Dis die klein jakkalsies soos bure, honde en mense wat daagliks haar wingerd verniel. Marion wíl nie gil nie, sy soek nie smart nie, geniet nie verdriet nie, sy systap sonde en stouterds, glimlag gedwee en lag luid … Sy praat in prentjies oor die alledaagse lewe met daai tipiese Holm-eerlikheid én -heerlikheid. Kom lag … Read more

Die stoele

Twee oumense, opgewonde, in afwagting op hul groot aand wanneer die ouman sy lewensfilosofie, waaraan hy 93 jaar lank poets, op genooides gaan loslaat. ’n Toestroming van gaste uit alle sfere van die samelewing, insluitend die president, maak hul opwagting by die vuurtoringhuis op ’n afgesonderde eiland. Om almal te akkommodeer, verg stoele en nogmaals … Read more

Hans gee Herklaas horings

RSG-luisteraars het vasgenael voor die radio gesit en luister hoe Tobie Cronjé lewe gee aan Rudie van Rensburg se karakters in die Hans-boeke. Tobie was ook te sien in die rolprentweergawe van Hans steek die Rubicon oor. Teatergehore kry nou die geleentheid om Tobie in lewende lywe op die verhoog te ervaar in ’n gedramatiseerde … Read more

1

Eendag, nie so lank gelede nie, was daar twee mense wat so lief was vir mekaar dat hulle oornag fisiek aan mekaar vasgegroei het. Met die “vassittery” word dié twee so gatvol vir mekaar dat hulle besluit om liewer te skei … maar watter een sal oorleef? Dié tong-in-die-kies-parodie ondersoek die tema van liefde en … Read more

Routrip

Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog. Met niks om te verloor nie, begin haar tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te … Read more

Ouma is op pad

Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld, is sy ’n formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe, maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met dié dat haar kleindogter nou in die stad werk … Read more

Ons Wag vir Godot

‘n Skreeusnaakse tragikomedie waarin niks gebeur nie – twee keer. Die eerste keer opgevoer in Afrikaans. Twee mans wag langs ‘n verlate pad en verwyl die tyd met speletjies, redenasies, en deur hoede uit te ruil. Die geskiedkundige produksie van Beckett se meesterstuk sal jou tot in jou kern roer. Waarvoor wag jy?   Debuut | Debut … Read more

Alles tot nou

Aletta is maar net ‘n eenvoudige meisie wat nog altyd wou perform en in hierdie stand-up-eenvroustuk deel sy alles van hoe sy op die ouderdom van tien verslaaf geraak het aan Aromat, tot hoe sy onlangs rabies survive het. Hierdie vertoning is ‘n tell-all propvol humor en deernis en ‘n kykie na Aletta se lewe … Read more