die waarheid oor duiwe  

die waarheid oor duiwe is ‘n intieme musiekproduksie vir een vrouestem, ondersteun deur ‘n klavier en ‘n dwarsfluit. Die poësie van die bekroonde digter, Gisela Ullyatt, kry vlerke deur swewende melodieë, nostalgiese, gesproke teks en treffende visuele komponente. Iewers tussen klassieke en kontemporêre musiek vind elke gehoorlid ‘n raakpunt tydens dié aangrypende, eiesoortige Suid-Afrikaanse vertoning.  … Read more

Drie van die Bestes

Danie Niehaus, Mathys Roets en Germandt Geldenhuys – drie kunstenaars met uiteenlopende stemme, persoonlikhede, musiekstyle en loopbane op één verhoog. Die eindresultaat: Drie van die Bestes. Een van Suid-Afrika se gewildste sangtrio’s maak al vir dekades lank musiek en sorg weereens vir ‘n ongelooflike musikale reis.  Genre: Kontemporêre Musiek | Contemporary Music Sangers | Singers: Mathys Roets, … Read more

Estetika Kuiers 

Elandré keer terug na die Vrystaat Kunstefees met sy kraakvars versameling musiek, Estetika; ‘n Kuier saam met Elandré en sy vurige vyfstuk-orkes. Neem ‘n nostalgiese reis deur die 2000’s se motorhuis-ruk-en-rol-klanke en ervaar die nuwe nommers eerstehands en in persoon.   Genre: Kontemporêre Musiek | Contemporary Music Rolverdeling | Cast: Elandré (Sanger, Mede-regisseur), Anrich Engelbrecht (Tromme), Duard Musk (Bas), … Read more

Leonard Cohen vir die Afrikaanse siel

Eers was die meeste Leonard Cohen-aanhangers skepties: Hoe kan enigiemand waag om Cohen se onvergelykbare poëtiese lirieke in Afrikaans te vertaal? Maar skeptisisme het gou verander in verwondering, en die album was ’n ongekende sukses. Dis nou ‘n dekade later en gehore is steeds in vervoering oor Koos van der Merwe se nuwe Afrikaanse akoestiese … Read more

Navi Redd

Ná 20 jaar in die bedryf, is Navi Redd steeds besig om gehore van jonk en oud op hul tone te hou met hul akapella musiek. Die vyf lede is reeds van 2004 af saam met mekaar op die opwindende reis. Ouer, wyser en gryser, maar nog steeds net so vol energie soos hulle was … Read more

Daarom skryf ek

Om ‘n liedjie te skryf, kan helend, grondverskuiwend of selfs ontblotend wees. In die produksie Daarom skryf ek, vertel Anna meer van die ontstaan van sommige van haar eie liedjies, asook verassende stories oor waarvandaan bekende liedjies soos dié van die Beatles, Coenie de Villiers, Leonard Cohen, Lucas Maree en Bob Dylan kom. Die gehoor … Read more

AFRIKAANS DIE TAAL VAN MY HART 2

Na die reuse sukses van Mathys Roets en Jacobus Silwer se 2023 produksie, Afrikaans die taal van my hart, kon hulle nie anders as om ‘n opvolg te doen nie! Daar is eenvoudig té veel gunsteling Afrikaanse liedjies uit ons almal se grootwordjare om by net een produksie in te sluit! Afrikaans, taal van my … Read more

André Schwartz: Any Dream Will Do – My pad met Webber 

Gestroop en rou. Waar begin en eindig drome? Wat doen jy as die kleure van jou lewensjas verander? Sedert Phantom of the Opera is daar ’n persepsie dat André Schwartz en Andrew Lloyd Webber kuiermaats is. Die storielyn is ’n vertelling wat hierdie wisselwerking deur musiek en gesprek ontgin. Lewenslesse word deur die musiekervarings gedeel. … Read more

Neil Sandilands & Die Band “Land & Sand”

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen. Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet Tooth, The Flash, The 100, asook plaaslike reekse Die Groot Niks, Desert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. … Read more

Joseph Clark – The Music of QUEEN 

Get ready to rock as “Joseph Clark – The Music of Queen” opens/hits the Vrystaat Arts Festival in July. With a career spanning across continents and captivating audiences worldwide, Joseph Clark is set to pay tribute to Freddie Mercury and the music of Queen in an unmissable showcase of talent and passion. This is your … Read more

Amanda Strydom- Amber / Ombré

Amber verwys na ‘n oranjebruin edelsteen, óf beteken “vlugtig, temperamenteel, vrolik en aandadig”. Ombré is die verandering van lig na donker en van donker na lig. Strydom, Rall en Mouton weef in hierdie kabaret as’t ware ‘n klank-en-woordkleed met musiek en poësie. Amber / Ombré is vereer met die Woordtrofee by die Toyota Woordfees en … Read more

Jak de Priester – Hartkamer

Jak de Priester stel ná vier jaar ’n nuwe album, getiteld Hartkamer, bekend. Onder in sy woonhuis in Somerset-Wes het hy sy studio omskep in ’n intieme, kreatiewe ruimte waar hy sy liedjies skryf en gereeld laatnag-gigs vir ’n gehoor van 20 mense aanbied. Vandaar die titel: Hartkamer. Hy stel sy nuwe album bekend en … Read more

Margaretastraat

Jannie vertel van die legendariese “liedjie-aande” in 1981 en 1982 by sy huis in Margaretastraat 28, Pretoria. Digter-sangers soos Koos du Plessis, Coenie de Villiers, Lucas Maree en Jannie du Toit het aspirantskrywers en -sangers geïnspireer met Afrikaanse musiek wat herinner het aan die folk-musiek van die jare sestig. Lucas Maree het tydens ’n liedjie-aand … Read more

Vier Panado’s en ‘n Chardonnay

In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir *****, vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. Val ons, staan ons op. Word die mat onder ons uitgeruk, maak ons bolmakiesie en land op ons voete. In ‘n veranderende wêreld pas ons aan. As … Read more

Destination Baroque: A Backward Journey with Organ and Piano

Experience Destination Baroque, a journey backward through time. Isabelle van Rensburg and Carin van Graan bring popular compositions to life with the unique combination of organ and piano. From What a Wonderful World to The Arrival of the Queen of Sheba, come and witness artistry bridging centuries. An unforgettable experience awaits!  Genre: Klavier – Klassiek … Read more

Boeremusiek Roccostyl

So klassiek soos ’n gestyselde voortrekkerkappie en so vars soos ’n melktert uit die oond toor klavierspeler Rocco de Villiers met “boereclassics” in eg Rocco-styl met treffers soos Die ou waenhuis, Koekoekwals, Hartseerwals, Outa in die langpad, Kalfiewals, Umfaan en Keurspel van Jim Muller. Oudergewoonte saam met Lizelle le Roux op viool en Hansie Roodt … Read more