Hans Haas se Horlosie

Hans Haas en sy dieremaats is terug met nog ‘n storie vol aksie en baie lesse om te leer. Hans het ‘n horlosie ontdek wat sy Oupa vir hom nagelaat het. Al die diere is baie geïnteresseerd in hierdie nuwe ontdekking, veral Morrie Meerkat wat dink aan planne om die diere op Haaslaagte goed die … Read more

Die Avonture van Robin Hood

Robin Hood is die storie oor ‘n legendariese boogskutter wat steel by die rykes en gee vir die armes. Of dis wat almal glo. Hier volg ons jou gunsteling karakters soos Robin, Little John, Friar Tuck en Maid Marian op ‘n lekker avontuur, die keer soos vertel deur Sheriff. Maak jou reg vir boogskietkompetisies, bose … Read more

Babah Go Wild

Ervaar die wildernis-wonderwêreld saam met jou Babah! Babah-Go-Wild is ‘n teaterstuk vir baba’s, kleuters (0-2 jaar oud) en hul voogde. Volg die veertjies van ’n babavoëltjie wat in die wildernis grootword deur storievertelling, musiek en objekte. Teater vir die jongste gehoorlede het suksesvol haar skoene uitgeskop by die Vrystaat Kunstefees in 2017 met Babah (Wenner … Read more

Liewe Heksie Vang Vis

Almal se geliefde Liewe Heksie is terug. Dié keer span sy haar besem in as ’n visstok. “Haai oe, dis vir my so lekker as ek ‘n vis vang. Dan sing ek sommer ‘n liedjie en die vis wil saam sing. Ek weet, want sy bek gaan so oop en toe. Of dalk gaap hy, … Read more

Lollos Sirkus

Lollos kry ’n uitnodiging na die sirkus! Die Lalalanders is baie opgewonde. Hulle word betower deur al die spoggerige toertjies, akrobate wat tuimel deur die lug en die slim rob wat drie balle gelyk op sy neus kan balanseer! Maar o gits, die narre is weg met vakansie! Die sirkusmeester vra die Lalalanders om in … Read more