Daarom skryf ek
Om ‘n liedjie te skryf, kan helend, grondverskuiwend of selfs ontblotend wees. In die produksie Daarom skryf ek, vertel Anna meer van die ontstaan van sommige van haar eie liedjies, asook verassende stories oor waarvandaan bekende liedjies soos dié van die Beatles, Coenie de Villiers, Leonard Cohen, Lucas Maree en Bob Dylan kom. Die gehoor kan uitsien daarna om die onderstrominge en intriges van Delta Dawn, Let it be, Both sides now, Victoriabaai en meer te ontdek.
Genre: Kontemporêre Musiek | Contemporary Music
Musikant | Musician: Anna Davel (Sang)
Klavier | Pianist: Marcel Dednam
Saksofoon en perkussie | Saxophone and percussion: Deryn Dednam
Taal | Language: Afrikaans, English
Aanbevole ouderdom | Age suitability: Alle ouderdomme
Tydsduur | Running time at full length: 80 min
Kaartjieprys | Ticket price: R180 vooraf, R200 by die deur
Datums en Tye | Dates and Times: 5 Jul 13:00, 6 Jul 17:00
Lokaal | Venue: Odeion