Die Beweging van Bloed 

Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oraloor. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ’n boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde neem die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Maar elke tree nader aan die waarheid is ook ’n tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek? En hoeveel van sy eie duiwels gaan hom langs die pad inhaal? Die beweging van bloed is ’n naelbytspanningsverhaal wat jou laat raai tot aan die einde.

Met: Pieter Stoffberg, Jonathan Amid (gespreksleier) 
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 60 min 
Prys: R40 
Plek: ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal) 
Tyd: 5 Jul 10:30 

Koop Kaartjies