Die Melkweg en die Miskruier 

In 2020, tien jaar nadat Sabine uit die Laeveld weggesteier het, keer sy terug om net een maal weer hul familieplaas Donkerhoek te sien en ’n neersitplek te soek vir die bondel wat sy so lank al met haar saamdra. Sy het egter nie ’n telefoonnommer vir die nuwe eienaar nie en Google Maps weet nie van so ’n plek nie. In die afgelope tien jaar het die aarde hierlangs geswig voor grondeise en armoede en die media berig van ’n onbekende virus wat reeds dood op die planeet begin saai het. ’n Raps meer as ’n eeu gelede is haar ouma Henrietta ook inderhaas terug Donkerhoek toe om weg te kom van die Groot Griep wat tydens die Eerste Wêreldoorlog ’n doodskleed oor die mensdom uitgesprei het. Toe en nou het die mensgemaakte virus van mag en geweld in ieder geval reeds hier gemaai. In die stilte van klip woon eeue se kennis en pyn

Met: Jeanette Ferreira, Jonathan Amid (gespreksleier) 
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 60 min 
Prys: R40 
Plek: ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal) 
Tyd: 6 Jul 12:00 

Koop Kaartjies