
DIE INVLEG/ONTVLEG VAN MY KROON SE KRANK
My kroon se krank se tone is die type of inviting wat jy nie moet misverstaan nie; jy mag inkom, but don’t go asking for avocados or barakat just yet, skryf Paul Kammies.
My kroon se krank issi hie om te vra vir space nie, is hie om dit te occupy, it gee nie ’n single damn oor die side eyes en die clutched pearls nie. ’n Piece of theatre watti overlaps in South Africa se history en present uitcall, vanne voice wat jou onkant vang. Don’t blink – not even for a second. Luiste vi ’n moment.
Drie characters navigate die world van vrouwies, coloured-wies, politics en hare. Die begin van die play set die background daarvan. Heightened politics, kinnes wat white boys date en die prys wat ’n vrou moet betaal vi ’n wash day byrri huis. Veronique Jephtas (wat die characters Aunty Pat, Roxanne en Debbie vertolk) makes quick work om die scene te establish; sy faf nie met die “sorry dat ek hie is”-story nie. Daa is belangriker goed wat op die verhoog moet sit.
As jy aan rebellion dink, dink jy aan ’n beweging wat hard-hitting is, skop-skiet-donner-style, maa hierdie play is nie dai nie. Dit bekruip jou. My kroon se krank se tone is die type of inviting wat jy nie moet misverstaan nie; jy mag inkom, but don’t go asking for avocados or barakat just yet. Die narratives describe hoe die female body policed is en bespreek die expectations van wat ’n coloured vrou is, new en old stereotypes. Die coconut, die activist, die politician wat heeljaar veldtog hou – is more than that, soveel meer.
Die play reinstate die stem van ’n vrou. Jephtas se performance is fervent. Sy gee die karakters se lewens facets wat hul resistance teen die politiek en beauty standards outline. Is snaaks genoeg om vi jou te laat lag en om jou te laat vra hoekom jy lag, of it jou plek is om te lag. ’n Groot ontleding en ontvlegging van die lived experiences van different coloured women in verskillende fases vanni lewe.
Wat die play aanbied, is entertainment en ’n thought-provoking performance. Die script (deur Jephtas en Lynthia Julius) is hier om direk te praat. Om eg te praat. Teen die einde van die play word die vloer van hare ’n cloak of armour, protection, comfort. Iets watti haarself moet wegsteek nie. A very surreal en tender moment wat niemand kan steel nie.
In conclusion: kragtig, relevant – gaan kyk’it (wee).