Droomwerk
Die Woordveertjie-paneel se kommentaar: “Droomwerk sluit aan by ’n brandende hedendaagse Suid-Afrikaanse diskoers waaroor nog nie naastenby uitgepraat is nie, naamlik ons begrip van ons kollektiewe (en individuele) verlede en aandadigheid om ons hier en nou te verstaan.”
“Dis ’n spirituele geleentheid. Dis ’n ritueel om verkenning. Dis ’n uitnodiging om na binne te delf. Dis ’n ontmoeting.” – Herschelle Benjamin, Ink
Dis ‘n toneelstuk oor “die konstante soeke na identiteit en waar ons inpas in die samelewing; en hoe ’n mens trauma uit die verlede kan verwerk”. Bekroonde digter en dramaturg Pieter Odendaal delf in sy familiegeskiedenis. Hy verken sy herkoms as ’n wit Afrikaanssprekende man met slawe as voorouers. Die hoofkarakters is losweg gegrond op sy oupa (’n apartheidsenator in die jare sewentig) en sy stammoeder, Diana van Madagaskar, die 17de-eeuse slavin wat haar dogter Susanna moes weggee aan die Europeërs.
Met: Pieter Odendaal, Cornelia Faasen (gespreksleier)
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R40
Plek: Simonsvlei tent
Tyd: 3 Jul 13:00