Duifeling 

Hoe Sara Koordom op Rooiduin in die verre Noord-Kaap aangeland het, is ’n raaisel. Sy het gekom soos die woestynwindeen dag was sy daar, en niemand weet van waar nie. En hoekom sy op Rooiduin bly, is ‘n selfs groter raaisel. Dis nie lank nie of die hele dorp merk op watter raakvatter Sara is. Tot Meneer Thüneman van die Algemene Handelaar het gevra of sy twee keer ’n week die pos kan kom uitsorteer. En vir klein Kuikentjie Boskat is sy soos ’n eie ma. Sara voel veral tuis by Ouma Spriet en Oom Alles, wat met die helm gebore is. En by Ant Korreltjie, wat haar geleidelik leer van patrone uitlê en rokkies maak. Maar die bedreiging wat Piet Boskat inhou, roep die spoke uit Sara se verlede op. Kan sy vir haar ’n weg ooptrap om vry te kom van die gevare van die hede én van die verlede? En terselfdertyd die mense beskerm vir wie sy so lief geword het? ’n Aangrypende, meelewende roman deur die skrywer van die hoogaangeskrewe debuut, Die kinders van Spookwerwe.

Met: Lize Albertyn-du Toit, Jonathan Amid (gespreksleier) 
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 60 min 
Prys: R40 
Plek: ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal) 
Tyd: 2 Jul 15:00 

Koop Kaartjies