ek en jy bestaan nie
Deesdae voel ek in my derms op nagte soos dié
hoe luuks en sag die tuin om my lê hoe uitspattig
ons middelklastuinmeubels in die maanskyn skynheilig
kringetjie hou langs die blinkswart altaar
van die Weber
waaruit die rook van dooie diere
naweke krul maar die offers
geen gode meer behaag nie
Ek en jy bestaan nie is die langverwagte vierde bundel uit die pen van die bekroonde digter Danie Marais. Soos in sy vorige bundels is dit gedigte wat openhartige, intieme gesprekke met die leser aanknoop. Hierdie keer gaan dit egter nie oor persoonlike verhoudings en morsige liefde nie, maar oor die ongemakke van ras en klas, en die maniere waarop die verlede die hede beïnvloed in ’n era van toenemende politieke ongeduld, paranoia en polarisering. Dis ’n bundel oor die menslike middelklastoestand en die unbearable whiteness of being wat waag om eerlik te praat oor die dinge waaroor mense liefs stilbly in die voorstede van Stellenbosch waar ’n koue burgeroorlog stil in die boomryke strate woed.
Met: Danie Marais, Daniel Hugo (gespreksleier)
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R40
Plek: ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal)
Tyd: 4 Jul 15:00