Ek het ‘n Engel gesien 

Ek het ‘n Engel gesien is stories wat skrywer en raakprater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met engele te deel.“Die terugvoering was oorweldigend,” sy.“En met elke storie was die versoek,‘Sit dit vir ons in ‘n boek, asseblief’.” Dié boek is gevul met diep menslike ervarings van hoogs geestelike wesens vanuit elke uithoek van ons land: Van gevaarlike paaie en traumatiese ongelukstonele tot pediatriese sale en intensiewesorgeenhede. Van die verpletterde ma wat langs haar dogter se ongelukstoneel gehelp is deur drie onsigbare vroue in hoëhakskoene en die wanhopige pasiënt wie se oorlede ouma ‘n leërskare engele na haar bed toe gelei het, tot die geheimsinnige vertroosting van ‘n wit veer op ‘n tafel in ‘n industriële gebied sonder bome of voëls. Rakende hierdie sonderlinge versameling, haal Amore ‘n wyse man aan: “Dit wat ons kantel, tel glad nie; dit wat ons nie kantel nie, sal wattel.” Die verhale in Ek het ‘n Engel gesien gaan inderdaad oor die onsigbare en ontelbare wat elke leser sal verstom en inspireer

Met: Amore Bekker, Elsabe de Jager (gespreksleier) 
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 60 min 
Prys: R40 
Plek: ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal) 
Tyd: 3 Jul 10:30 

 

Koop Kaartjies