
FRAGMENTED: DIE PASSAGE OF TRAUMA
’n Constant poging ommi stukke van haa vorige lewe saam te kry, terwyl haa toekoms ook uitmekaar val. Devastating, skryf Paul Kammies
Jane Mpholo speel ’n meisie wie se stem nog altyd oppressed was, haa body, haa beliefs en haa mind was never hers. Die ding is hoe repair ’n mens ná ’n hele lewe lank van abuse, beledigings en silent-wies – dit is watti play ondersoek deur ’n dangerous verkenning van die fragmented passage of trauma.
Ôs begin metti sounds van dripping water, ’n klank wat deur die teater echo, waaheen ganni water, gaan die water ’n vessel vul, gaan dit overflow? Jane enter die stage en immediately voel jy daa is iets wat broken is. Haa character probeer om die story van haa lewe te remember. Hoe haa body invaded was en die burdens moet dra without enige ondersteuning. Sy’sie seker of haa memory waar is nie, maa wat wel tangible is, issie despair en die hopeloosheid in haar stem. Inni emptiness van die stel is ôs ingelok by die verhaal.
Sy praat oor haa relationship met haa aunty, ’n mengsel van love en disdain. Hulle verhouding was ’n introduction into die misverstaan tussen liefde en misbruik, ’n framework wat saam met haa into haa late teens en adulthood gegaan het. Sy praat oor haa relationship met die kêk en die pastor, twee factors wat haa altyd laat dink’et dat sy demone het, dat iets fout met haa is. It was haa kindness en naïviteit wat mense misbruik’et toe iets net verander nadat haa pastor haa sexually assault’et.
“My memory wasn’t protecting me anymore” – solitude. Sy flits between different moments of happiness en dan violence, of tenderness en dan exhaustion. Uitputtend in die way dat jy weet sy’s alleen en daa is niemand wat haa kan help nie. Die play lewe inni echoes van haar trauma, daai echoes is muffled en incoherent. ’n Constant poging ommi stukke van haa vorige lewe saam te kry, terwyl haa toekoms ook uitmekaar val. Devastating.
Terwyl daa ’n few issues is met die vinnige pacing, wat dalk meer spaced kan wees om die hollowness van die character te emphasise, is Mpholo ’n force to be reckoned with. Die emotions wat sy uitbeeld is true, jy verstaan haar character, jy verstaan hoekom sy die story wil vertel. Met ’n few technical and textual tweaks (alles to just improve die experience van hoe die story inni space appear), kan hierdie produksie die voice van Mpholo se karakter even meer vindicate. In conclusion, insightful en captivating.