Jak de Priester – Hartkamer
Jak de Priester stel ná vier jaar ’n nuwe album, getiteld Hartkamer, bekend. Onder in sy woonhuis in Somerset-Wes het hy sy studio omskep in ’n intieme, kreatiewe ruimte waar hy sy liedjies skryf en gereeld laatnag-gigs vir ’n gehoor van 20 mense aanbied. Vandaar die titel: Hartkamer. Hy stel sy nuwe album bekend en sing nuwe musiek, waaronder Klein Saterdag, Hartenbos, Dit is lekker om te weet, In Somerset-Wes, Die trein, Kaalvoet Mona Lisa en vele meer.
Genre: Kontemporêre Musiek | Contemporary Music
Musikant | Musician: Jak de Priester
Taal | Language: Afrikaans
Aanbevole ouderdom | Age suitability: Alle ouderdomme
Tydsduur | Running time at full length: 90 min
Kaartjieprys | Ticket price: R180 vooraf, R200 by die deur
Datums en Tye | Dates and Times: 3 Jul 19:00, 4 Jul 09:30
Lokaal | Venue: Creative Kilowatt Kopanong Ouditorium